AARDKLOP - Gimmies · Potchefstroom
Met: Cindy Swanepoel, Heinrich Wentzel, Jeanne-Marié Koekemoer en Geon Nel Teks: Leonard Gershe Daan Bekker, ’n blinde jong aspirant-musikant, verlaat vir die eerste keer sy ouerhuis om sy vlerke in die groot stad te sprei, weg van sy beheersugtige ma, Frieda. Daar raak hy spoedig verlief op sy vrygeestige buurvrou, Griet.
Frieda kan egter nie die onsekerheid verduur nie en besoek haar seun teen sy wil. Daar volg ’n onafwendbare stryd tussen ma, seun en nuwe liefde. Gradering: Geen o.14 (T/V)