← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Tronk met 'n D

Umuzi Theatre · Secunda

drama 19 Sep · Opens 19 Sep · R200

Wat gebeur wanneer drie gevaarlike vroue, ’n tronksel en ’n hele klomp geheime bymekaarkom? Jy kry ’n komiese spanningsdrama vol glans, satire, wraak en dodelike sjarme! 💋🔒 Leksie Pieterse word tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die gifmoord op haar ryk vroetelpappie, Bakkies Barnard.

In die tronk beland sy saam met Cruella – Bakkies se weduwee – en die legendariese Daisy de Melker… wat volgens rekords lankal dood behoort te wees! 😱 Wanneer Leksie ontdek dat haar slinkse prokureur ’n dubbele lewe lei, begin ’n gevaarlike spel van wraak. Maar hoe vernietig jy ’n man se reputasie… van agter tralies af? 👀 ✨ TRONK MET ’N D. – ’n heerlike mengsel van komedie, spanning en pure chaos!

Book tickets