AARDKLOP - Girls High · Potchefstroom
Aardklop Pronk Podium is ’n nasionale toneelfeeskompetisie vir hoërskoolleerders en studente wat aan die NWU Kampustoneel deelneem. Vanjaar se feesproduksie, Vlerktog, word aangebied deur vorige Pronk Podium-wenners, met die bekroonde akteur, regisseur en dramaturg Wessel Pretorius as deel van die produksie.
Meer inligting oor die studenteproduksie en genre sal ná afloop van die NWU Kampustoneel bekend gemaak word. Beide produksies is by die kaartjieprys ingesluit. Vlerktog Met: Blyde Schoeman, Hendré Henning, Kevin Olckers en Symone Venter Teks: Wessel Pretorius Twee pare vriende trotseer Berg Azrael, elk met hul eie doel. ’n Verhaal van dapperheid, selfopoffering, selfaanvaarding en vriendskap – waar herinneringe legendes word, en mites dalk eens die waarheid was.