← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Plektrum

Drostdy Theatre · Stellenbosch

other 3 Oct – 9 Oct · Opens 3 Oct

Met Mauritz Lotz , Schalk Joubert , Anjulie Nock , Peter Auret

Mauritz Lotz het meer as 4 000 opnames op sy kerfstok, spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammy's. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van dié legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Nou lig Lotz vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent.

Plektrum is ’n intieme, persoonlike produksie waarin hy vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend. Die musikante wat die verhoog met hom deel, is die room van ons bedryf.

Vervaardiger Tale Be Told Productions

Regisseur en skrywer Ingrid Howard

Komposisie en musiekverwerking Mauritz Lotz

Book tickets