← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Paradisium

Laerskool Hartenbos · Hartenbos

drama 15 Sep · Opens 15 Sep · R100–R120

Laerskool Hartenbos bied aan: Paradisum 2026 Kom geniet Laerskool Hartenbos se revue vir 2026: Paradisum. Die verhaal neem jou op 'n reis na 'n planeet ver van die aarde, waar die aardlinge voor Paragraaf, die koning van Paradisum, moet verskyn om te bewys dat die aarde steeds 'n plek onder die son verdien.

Sal hulle daarin slaag om die koning te oortuig, of is die mensdom se lot reeds verseël? Kom geniet 'n aand propvol humor, danspassies, treffende musiek en spoggerige kostuums. Tussen al die vermaak skuil daar ook 'n dieper boodskap. Hierdie produksie word met trots geborg deur ATKV Hartenbos.

Kom ondersteun ons leerders en beleef die talent, toewyding en harde werk wat hulle die afgelope maande in hierdie produksie ingesit het. Kom geniet die wêreld van Paradisum!

Vir kaartjienavrae:Telefoon: 012 880 26 35e-pos: support@tixsa.co.zaWerksure:Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nmSaterdae: 10vm to 2nmSondae: 10vm to 1nmPublieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Book tickets