SunBet Arena at Time Square · Pretoria
MEER as net ’n toekenningsaand! ’n Rooitapytgeleentheid saam met sake-elite, aangebied deur ontbytSAKE met die internasionale kunstenaar, Loren Allred, die stem agter "Never Enough” van The Greatest Showman” Loren Allred – Slegs EEN aand ..en EKSKLUSIEF net vir ontbytSAKE Toekennings in Suid Afrika.
Verdere opredes deur plaaslike top kunstenaars Elvis Blue, Tarryn Lamb, Elandré en Elmé Churr. Hierdie jaar bou ontbytSAKE ’n brug tussen plaaslike ondernemings, die AI-gedrewe wêreld, asook buitelandse beleggers. Hier word finaliste nie net beoordeel nie, maar geposisioneer. By dié geleentheid gee ontbytSAKE erkenning aan uitnemende sakeondernemings en vermaaklikheidskunstenaars wat meeding in kategorieë soos onder andere Beste Ateljee-onderhoud, Beste Video Insetsel, toekennings vir top musiekvrystellings in 2026, asook ‘n Kunsmatige Intelligensie (“AI”) toekenning vir die Top KI Skool in Suid Afrika.
Registrasie: 16:00 – 17:00Rooitapyt en foto’s: 16:00 – 17:30Wynproe: 16:00 – 17:30Deure sluit: 17:45 (vir verfilmingsdoeleindes) Plek: SunBet Arena at Time Square, PretoriaDrag: Streng formeel (Strikdas / Aandrok) Kaartjie: R850 p.p. – sluit in rooitapyt, toekenningsfunksie bywoning, wyn