← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Neil Diamond and the Divas met Johan Liebenberg en Charlize Berg

Atterbury Theatre · Pretoria

drama 4 Sep · Opens 4 Sep · R280

Beleef 'n onvergeetlike aand waar die tydlose treffers van Neil Diamond ontmoet met die kragtige stemme van legendariese divas soos Barbra Streisand, Shirley Bassey, Tina Turner, Lady Gaga en Celine Dion. Met Johan Liebenberg en Charlize Berg op hoofsang word gehore bederf met ikoniese solo-uitvoerings én hartroerende duet-oomblikke wat die magie van hierdie wêreldbekende kunstenaars vier.

Hulle word begelei deur 'n uitstaande lewendige orkes bestaande uit Vinnie Henrico (tromme), Rixi Roman (bas), Reghardt de Bruyn (kitaar), en Sean Butler saam met Liezel Henrico op klawers en agtergrond sang. Van opwindende rock- en pop klassieke tot ontroerende ballades – Neil Diamond and the Divas is 'n musikale reis vol nostalgie, passie en wêreldbekende treffers wat jou sal laat saamsing van die eerste noot tot die laaste applous.

Book tickets