NG Kerk Welgemoed · Cape Town
Hierdie heerlike amper-Lentekonsert bestaan uit stories in Afrikaans, asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring! Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis.
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw. KAALKOPWINKEL: Nataniël se nuutste boek, SWEETIE, asook sy ander onlangse boeke, keramiek, kombuis-olies en kerse is by die vertoning beskikbaar. Charl du Pessis se twee splinternuwe cds sal ook beskikbaar wees. Teaterstyl 85 minute Geen pouse Geen kinders onder 14