← OP DIE PLANKE · all South African theatre

NATANIËL - GESELS 2026 “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.”

Atterbury Theatre · Pretoria

drama 5 Sep · Opens 5 Sep · R300–R320

Twee ekstra praatjies vir die lente! Daar is steeds aanvraag na GESELS 2026: Nataniël bied op Saterdag 5 September nóg twee geleenthede aan! 11:00 en 15:00. Hierdie jaar se gesels: “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.” Of dit finansieël, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en hardhandig as ooit!

Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.

Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele! Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies in die foyer! 90 minute Geen pouse Geen kinders onder 14 Geen selfone Kaalkopwinkel in die foyer

Book tickets