AfriForum Teater · Pretoria
Menlovaria is die skool se unieke kultuurfees en ’n viering van ons leerders se diverse talente. Die wye verskeidenheid kategorieë bied aan elke Menloparker ’n geleentheid om in Menlo se kultuurhartklop te deel. Die hoogtepunt is die Menlovaria-wennerskonsert – ’n tradisie van ses dekades wat destyds as ’n interne kunswedstryd begin het.
Vandag is dit steeds ’n vertoonvenster van die skool se ryke versameling kultuurhoogtepunte.