← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Leesfees

Umuzi Theatre · Secunda

festival 24 Sep · Opens 24 Sep · R75

10:30 Elize Parker is 'n bekroonde skrywer en sy gesels met Ilse Salzwedel oor haar boek - Waar die doringbome sing. Verwag ’n warm en boeiende gesprek oor stories, mense en die plekke wat ons vorm – en kry ’n unieke kykie na die wêreld agter die boek, asook die inspirasie wat Elize se verhaal tot lewe gebring het.

11:30 (of net daarna) Johan Rademan en Beyers Truter word vergesel deur Christo Snyman – is twee bekende persoonlikhede met ’n passie vir stories, mense en die mooi dinge in die lewe. Verwag ’n lekker, lewendige geselsie vol interessante stories, humor, herinneringe en insigte. Twee unieke stemme kom saam om te gesels, ervarings te deel en die gehoor saam te neem op ’n reis deur stories, lewe en ’n liefde vir Suid-Afrika.

13:30 Begin die middag en kuier saam met die talentvolle Francis Grobler vir ’n besondere middag van stories oor musiek, digkuns, skeursels uit die splinternuwe aanlyn-tydskrif en ’n lekker geselsie. ’n Geleentheid om te luister, saam te gesels en Francis se kop, skryfkuns en musiek van nader te leer ken.

15:00 Die joernalis Ilse Salzwedel gesels met Minister Pieter Groenewald oor sy twee jaar as minister van korrektiewe dienste, die toekoms van die RNE

Book tickets