← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Laerskool Eikestad beSING Koorfees

Hoërskool Stellenbosch · Stellenbosch

festival 23 Oct · Opens 23 Oct · R150–R180

Laerskool Eikestad bied aan ons jaarlikse beSING koorfees met gaskunstenaar Jakkie Louw. Kom vier saam fees waar meer as 400 stemme saam klink en musiek maak. Kore betrokke: Laerskool Eikestad Laerskool Beaumont Laerskool Stellenbosch Kaartjies R180 Duur: Ongeveer 140 min Laerskool Eikestad kondig met trots die 3 de jaarlikste beSING koorfees aan.

Hierdie kultuurgeleentheid groei jaarliks en het ontwikkel tot een van die skool se mees verwagte hoogtepunte. Die hoofkunstenaar van vanjaar se beSING koorfees is die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Jakkie Louw , wat 'n onvergeetlike vertoning sal lewer saam met sy orkes en 4 kore - L/S Eikestad jnr en snr koor, L/S Beaumont en L/S Stellenbosch.

Elke koorlid sal ook deel vorm van 'n massakoor en saam ons gaskunstenaar en sy treffers musiek laat lewe op 'n unieke manier. Sedert die ontstaan van die Laerskool Eikstad beSiNG koorfees is die verhoog al gedeel met Jak de Priester asook Joshua na die reën. Die beSing koorfees bied die geleentheid vir Laerskool leerders om die verhoog te deel met ons land se top kunstenaars en om deel te vorm van 'n produksie wat die tasbare, positiewe musiek-energie van ons gemeeskap weerspieël.

Book tickets