Kruik Gemeente · Secunda
As manne staan ons almal voor uitdagings in ons leierskap, ons gesinne en ons geloof. Bring net jou braaitang saam en kom geniet goeie geselskap en eerlike gesprekke rondom Die 5 Groot Uitdagings waarmee manne daagliks te doen kry. Saam gesels ons oor hoe ons hierdie uitdagings kan oorkom en mekaar kan ondersteun.
Jou kaartjie sluit ’n heerlike braaipak met steak en wors in, asook slaai en ’n koeldrank. Nooi jou vriende, kollegas en familie saam vir ’n aand van inspirasie, lekker kuier en betekenisvolle gesprekke. Onthou om net jou braaitang saam te bring!
KOM IN KONTAK 012 880 2635 / support@tixsa.co.za WERKURE Kaartjieverkope Ondersteuning: Maandag - Vrydag: 9vm - 5nmSaterdae: 10vm - 2nmSondae: 10vm - 1nmOpenbare Vakansiedae: 10vm - 1nm