Atterbury Theatre · Pretoria
Frank Sinatra, Nat King Cole, Dean Martin en Elvis Costello is slegs ’n paar van die wêreldbekende crooners wie se tydlose musiek in één vertoning meesterlik aangebied word deur Suid-Afrika se eie Kevin Leo ! Hierdie vertoning, met geïntegreerde KI (AI) multimedia-videomateriaal, is met groot sukses in Panama, Suid-Amerika deur Kevin opgevoer, en hy bied dit nou met groot opgewondenheid aan sy eie mense tydens sy kort besoek aan Suid-Afrika!