← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Ingrid - 'n Vlam in die Sneeu

Umuzi Theatre · Secunda

drama 2 Oct · Opens 2 Oct · R180

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is ’n oorspronklike, nuwe produksie wat die intense en komplekse liefdesverhouding tussen Ingrid Jonker en André P. Brink uitbeeld, gebaseer op hul persoonlike en ongesensuurde briewe aan mekaar. Deur Ingrid se tydlose poësie – met oorspronklike nuwe toonsettings – en gedeeltes uit hul korrespondensie, ontvou die produksie soos ’n musikale en dramatiese reis deur hul passie, hartseer en verlange.

Die stuk bied ’n unieke blik op Ingrid se soeke na liefde, haar stryd met depressie en haar onvermoë om te ontsnap uit die donkerte wat haar gevolg het, selfs te midde van haar roekelose hoop. Met musiek, woorde en spel word haar storie lewend gemaak: broos, eerlik en ongenaakbaar.

Dit is ’n viering van Ingrid se stem en die nalatenskap van haar woorde wat steeds nuwe geslagte inspireer.

Book tickets