← OP DIE PLANKE · all South African theatre

HOORT

Atterbury Theatre · Pretoria

drama 23 Aug · Opens 23 Aug · R230

MET Stephanie Baartman & Coenraad Rall TEKS Stephanie Baartman & Johann Slabbert REGISSEUR Elzabé Zietsman MUSIEKREGISSEUR Janine Neethling PIANIS Coenraad Rall SAMESTELLER Johann Slabbert VERVAARDIGER Drama Drama Hierdie semi-outobiografiese kabaret sal jou laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk.

HOORT vertel die storie van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld probeer vind te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ‘n lewendige mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies kom sy tot die besef: Om in te pas is een ding, maar om te behoort is iets heeltemal anders.

Wenner van die Woordtrofee vir uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: klein groepe by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025. Benoem vir KKNK 2026 Kanna toekenning vir: · Beste musiekteater Benoem vir twee Fiësta Toekennings: · Beste prestasies in ‘n solo-vertoning · Beste kontemporêre musiekvertoning: Podium

Book tickets