AfriForum Teater · Pretoria
’n Aand waar talent, teater en musiek saamkom! Beleef twee van Hoërskool Garsfontein se uitblinkers op een verhoog – die bekroonde toneelproduksie Skaduvlieg Motel, en die dinamiese sêrprogram Misgis en Misfits. Kom vier saam met ons die talent en prestasies van ons leerders, terwyl ons terselfdertyd hierdie produksies ondersteun op hul pad na die onderskeie ATKV-landsfinale in Kaapstad.