AARDKLOP - Totius Saal · Potchefstroom
Met: Albert Pretorius en Schalk Joubert Teks: Danie Marais Albert Pretorius trek onder die opruiende begeleiding van Schalk Joubert die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe, skerf vir skerf, uit ’n mislukte huwelik in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte, prekêre gemors van middelklas-Suid-Afrika.
Dis ’n storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak, gewikkel in die vlamjas van verse en verbysterende musiek, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels. Dis rock-teater oor ’n verlede wat die hede wurg en ’n wit ou wat saam met sy dogter in ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “Om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie.” Gradering: Geen o. 10 (T)