← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Diva: Amanda Strydom

Drostdy Theatre · Stellenbosch

other 3 Oct – 4 Oct · Opens 3 Oct

Met Amanda Strydom , Coenraad Rall (klavier)

Tussen die hoë kantoorblokke in ’n groot stad staan die Diva – eens ’n glansryke teater, maar vandag ’n tragiese skaduwee van wat dit toentertyd was. In die kleedkamer sit ’n ou chanteuse voor die spieël. Beatrice le Seur (eens Bets le Roux van Fordsburg) onthou die ou dae en die glorie van ’n tyd toe mense nog opgetof het vir die teater.

Die tyd stap aan en die Diva is in die mark, maar solank Beatrice haar woorde kan onthou, sal sy sing. Strydom kyk met nostalgie, deernis en humor na grepies uit die Afrikaanse teatergeskiedenis en verganklikheid.

Regisseur Christo Davids

Musikale regisseur Coenraad Rall

Book tickets