Umuzi Theatre · Secunda
DIE REAL HOUSEWIFE ✨ 🎭 Het jy al ooit gewonder wie die ware "Real Housewife" is? Ná die wêreldwye sukses van die Real Housewives-reekse skep die veelbekroonde aktrise, regisseur, skrywer en vervaardiger Lizz Meiring 'n skreeusnaakse fiktiewe karakter wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans-trop beskou!
Maak gereed vir 'n aand propvol lag, herkenbare oomblikke en vlymskerp satire oor die wêreld van realiteitstelevisie. Jy gaan kopskud, hardop lag en dalk selfs iets van jouself – of iemand na aan jou – in hierdie karakter raaksien. Warmhartig. Verrassend. Eietyds. Baie, baie vermaaklik!