AARDKLOP - Elgro Hotel Saal · Potchefstroom
Met: Veronique Jephtas, Brendon Daniels en Tshamano Sebe Teks: Athol Fugard, in Afrikaans vertaal deur Vinette Ebrahim Regie: Christo Davids Boesman en Lena is twee hawelose randfigure: Uitgelewer aan mekaar, die elemente, en aan ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk is ’n boeiende blik op die verwikkeldheid van verhoudings en sosiale ongeregtigheid.
Dit is ook ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele neiging tot hoop en behoefte aan meelewing en menslikheid. ’n Gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge, wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is. Gradering: Geen o. 14 (T/G/V)