← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Belofte van vere

AARDKLOP - Ouditorium (Toneel) · Potchefstroom

drama 2 Oct – 3 Oct · Opens 2 Oct · R230

Met: Rolanda Marais en Eben Genis (stemkuns), Ilse Klink (sang), Concord Nkabinde (baskitaar), David Klassen (tromme), Leon Gropp (kitaar en sang) en Laurinda Hofmeyr (klawers en sang) Artistieke regisseur: Anna Davel Spelleiding: Philip Rademeyer Terug op publieke aanvraag bring Momentum Aardklop hulde aan die geliefde Breyten Breytenbach met ’n spesiale program wat opnames van sy eie voorlesings insluit, ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings (hetsy nuut of nuwe verwerkings).

Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar pa – aan die hand van haar voorlesing vroeër vanjaar by die huldigingsbyeenkoms in Wellington. Kom saam op reis met uitstaande kunstenaars om Breyten op sy beste te beleef, die allemansdigter wat tot die menigte kon spreek in gedigte soos “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif, “Mag die bome groen bly” en “Slaap klein beminde”.

Belofte van vere is ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter, te midde van al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem, berugtheid, aktivisme en taaldebatte. Gradering: OB

Book tickets