Atterbury Theatre · Pretoria
Boulevard of Dreams met Sama wenner SA sanger Anna Davel Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (Saxofoon). ‘n Keur van Franse Café Styl e musiek, verwerk en uitgevoer om die gehoor terug te neem na ‘n droomverlore Boulevard in Parys! Musiek van Franse oorsprong wat sedertdien deur die wêreld gereis het en in verskeie tale nuwe lewe gekry het, bring romantiese harte weer in die stemming vir liefde en ou-wêreldse nostalgie.
Maak seker dat hierdie Franse musiekproduksie van Anna Davel nie gemis word nie. Die program is saamgestel uit geliefde treffers van Edith Piaf, Frida Boccara, Charles Trenet, Jacques Brel, Charles Aznavour, Michel Legrand, Nana Mouskouri, en selfs Manhattan Transfer. Hierdie vertoning is ‘n viering van Franse kultuur en musiek.
Elke liedjie het ‘n unieke Franse verbintenis wat wêreldmusiekliefhebbers van alle ouderdomme op ’n reis deur tyd sal neem, tot in die hartjie van Frankryk. Die program sluit o.a. in Cent mille chansons, La vie en Rose, Boulevard of Broken Dreams, Chanson d’amour, La Mer, Non, je ne regrette rien, Les Moulins De Mon Coeur ( The Windmills of my mind), Mamy Blue , en vele meer om die hartsnare te roer en die gehoor weg te voer deur die taa