← OP DIE PLANKE · all South African theatre

Afri-Indie Musiektoekennings 2026

AfriForum Teater · Pretoria

drama 25 Aug · Opens 25 Aug · R250

Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kunstenaartoekennings, beter bekend as die Afri-Indie Musiektoekennings, word beskou as een van die vername hoëprofielmusiektoekennings vir Suid-Afrika se onafhanklike kunstenaars. Hierdie glansryke aand, aangebied in samewerking met kykNET se ontbytSAKE-program en RugTeenRug MusiekFAMILIE, is jaarliks ’n onvergeetlike geleentheid.

Met top kunstenaars Jay Morgan, Wilmari Senekal, CheraLee, Cordelia en Armand Joubert, terwyl twee TV-kameraspanne en invloedryke mediapersoonlikhede die aand selfs nog verder gaan inkleur. Trek jou mooiste aandrok of pak aan en kom skuur skouers met van die beste kunstenaars wat deel is van die land se onafhanklike musiekbedryf.

Book tickets